Dienste


Wegbreek SA (Pty) Ltd reg. no. 2017/289393/07 is ‘n geregistreerde besigheid gestig deur Paul Jonker.
Hierdie besigheid fokus uitsluitlik op die verhuring van selfsorg vakansiehuise aan besoekers in Leeupoort Vakansiedorp.

Diens aan die Besoeker

Wegbreek SA is die verhuringsagent in Leeupoort Vakansiedorp met die grootste verskeidenheid gelyste vakansiehuise.
Die vakansiehuise is wyd verspreid deur dié besonderse bosdorpie om aan ‘n  wye verskeidenheid behoeftes en voorkeuse te voldoen.
Van tuinwoonstelle, huise wat tot 12 persone kan slaap tot eksklusiewe eiendom op 5ha plot is beskikbaar.
Daar is huise beskikbaar met klein swembaddens en jacuzzis.
Deur persoonlike kontak en behoeftebepalings kan die mees geskikte vakansiehuise voorgestel word.
Bekostigbare tariewe.
Afbetaalopsies is beskikbaar vir besprekings wat lank voor die tyd gemaak word.
Met die groot keuse van beskikbare vakansiehuise het Wegbreek SA reeds ‘n hele paar suksesvolle familiebyeenkomste en groepsbesprekings in Leeupoort Vakansiedorp gereël.
Volledige inligting rakende die verblyf in Leeupoort word in verskaf na ontvangs van deposito.
Voor aankoms word finale reelings deur gegee.
Uitstekende kliëntediens met verwysings.

Wegbreek SA verhuur 20+ verskillende vakansiehuise in verskillende prysklasse, daar is midweek, naweek asook binne- en buiteseisoen tariewe van toepassing.
WhatsApp of kontak Paul – 078 687 1347.  Stuur die volgende inligting per WhatsApp vir kwotasies en fotos van beskikbare huise:
1. Inklok Datum
2. Uitklok Datum
3. Hoeveelheid volwassenes
4. Hoeveelheid kinders en hul ouderdomme
5. Enige spesiale versoek

Diens aan die Huiseienaar

Wegbreek SA is ‘n geregistreerde besigheid wat aan alle wetlike vereistes voldoen.
Wegbreek SA is die verhuringsagent in Leeupoort Vakansiedorp met die grootste sosiale media blootstelling en doeltreffende bemarkings strategie op verskeie advertensie platforms.
Deur puik verwysings het Wegbeek SA reeds ‘n groot netwerk opgebou van vakansiebesoekers aan Leeupoort Vakansiedorp.